<< Back
Wydingsdiens
Koos du Plessis
Wydingsdiens
Ek hoor die vent bestempel
sy vet lyf as 'n tempel.
Voorwaar 'n onderskeiding!
Geen rede dus tot kommer;
die maaiers - sê 'n brommer -
sal dáár wees vir die weiding.