<< Back
WORSIE EN MACARONI ROERBRAAI
WORSIE EN MACARONI ROERBRAAI
500ml elmboogmacaroni 15ml kookolie
450ml varkworsies 1 groot ui, in dun skyfies gesny
1 rooi appel, in dun skyfies gesny 15ml vars, gekapte pietersielie
30ml ongegeurde jogurt sout en peper na smaak
tamatieskyfies vir garnering
Kook die macaroni in soutwater tot gaar en spoel af onder lopende koue water. Verhit die kookolie in 'n swaarboompan en braai die worsies 10-15 minute lank daarin. Draai dit dikwels om. Sny dit in skyfies wanneer dit gaar is. Meng die worsie, ui- en appelskyfies, pietersielie en jogurt en geur dit met sout en peper. Verhit dit oor lae hitte tot deurwarm terwyl dit liggies geroer word. Skep dit in 'n verhitte opdienbak en garneer met tamatie skyfies. Bedien dit dadelik. Lewer 4 porsies
Published: 16th August 2010 by