WORSIE-EN-KAASGEBAK
WORSIE-EN-KAASGEBAK
450ml gesnyde macaroni 50ml botter of margarien
1 klein ui, fyn gekap 1 groen soetrissie, fyn gekap
1 pakkie sampioenroomsoppoeier 575ml koue melk
250ml gerasperde Cheddarkaas 1ml vars gemaalde swartpeper
50ml droë broodkrummels 3 gaar beesworsies
10ml aangemaakte mosterd 37.5ml Parmesaan kaas, gerasper
Voorverhit die oond tot 180C. Kook die macaroni gewoonweg tot gaar en dreineer dit. Spoel dit met warm water af en hou dit warm. Verhit die botter of margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui en soetrissie ongeveer 5 minute lank daarin totdat dit sag is. Roer die soppoeier vinnig by. Roer die melk geleidelik by en verhit dit tot kookpunt. Laat dit 10-15 minute lank prut totdat die sous dik is. Roer dit voortdurend. Roer die Cheddarkaas en die peper by en verhit dit totdat die kaas gesmelt het. Roer die macaroni by die sous en skep dit uit in ‘n gesmeerde oondskottel. Strooi die broodkrummels bo-oor en bak dit 20-25 minute op die middelste oondrak. Voorverhit die roosterelement van die oond sodra die macaroni kaasgebak uit die oond gehaal word. Halveer die gaar worsies in die helfte sodat daar 6 helftes is. Smeer die worsies met die mosterd. Rangskik die gaar worsies soos die speke van ‘n wiel op die macaroni kaasgebak. Strooi die Parmesaankaas bo-oor en verhit die gereg in die voorverhitte oond totdat die kaas gesmelt het. Garneer die gereg met geroosterde tamatieskywe.
Published: 16th August 2010 by