WORSGEBAK
WORSGEBAK
30ml sonneblomolie 1 ui, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap 10ml matige kerriepoeier
2ml borrie 500ml kookwater
15ml blatjang 5ml sout
2ml peper 500g rou boerewors, in 4 cm-stukkies
410g blik appelkooshelftes 375 ml rou rys
gekapte grasuie vir garnering
Verhit die olie in 'n swaarboompan, braai die uie en soetrissie tot sag en deurskynend, ongeveer 5 minute. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai 'n verdere minuut. Voeg die kookwater, blatjang, sout en peper by, verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 2 minute prut. Pak die rou wors op die boom van 'n groterige oondskottel. Skep die uiemengsel eweredig bo-op die wors. Rangskik die appelkooshelftes bo-oor die wors en giet die sap oor. Sprinkel die rys eweredig oor, plaas die deksel op en bak in 'n voorverhitte oond by 200C vir ongeveer 45 minute of totdat die rys gaar is. Strooi gekapte grasuie oor en sit warm voor met 'n mengelslaai.
Published: 16th August 2010 by