WORS EN GROENTE GEBAK
WORS EN GROENTE GEBAK
2 groen soetrissies, in dun repe gesny 2 medium uie, in dun skywe gesny
vet knoffelhuisies, grof gekap 8 kleinerige heel tamaties
10ml gedroogde orego knippie fyn brandrissievlokkies
30ml olyfolie sout en varsgemaalde swartpeper
1kg boerewors, in 10cm-lengtes gesny gaar mieliepap om mee voor te sit
Voorverhit die oond tot 180C. Rangskik soetrissies, uie, knoffel en tamaties in ‘n mediumgrootte oondvaste bak. Sprinkel orego en brandrissie oor. Giet olie oor en meng deur. Geur mildelik met sout en peper. Verbruin die wors vinnig in ‘n bietjie olie in ‘n dikboompan, skep uit en rangskik bo-op die groentes. Bak ongeveer 20 minute lank tot die wors asook die groentes gaar is. (Rooster vinnig-indien nodig om verder te verbruin. Sit voor saam met die mieliepap en skep van die pansouse oor. Lewer 5 – 6 porsies.
Published: 16th August 2010 by