<< Back
Wetenskapmannetjies
Antjie Krog
Wetenskapmannetjies
Julle sit onder swart teleskope
en kyk na die son
tot julle besef dat julle nooit daar sal km.
Pateties bepaal julle dan ligjare
en vertel dat die son as't ware
inkrimp en eendag gaan verdwyn.
Ons sit maar hoog op die windpomp
en kyk hoe die son sy kop stamp
teen die rant
hoe hy bloei
hoe die vaal lug gloei
hoe die bome tot silhoeëte verskroei.
Daarom liewe menere teken ek klawertjies
tussen my huiswerk, kry en 26%
want ek luister eerder na
die verdwaalde korhaan
tussen die bossies by die tennisbaan
ek kwadreer liewer my vreugdes
en vidn dan die logaritmes van my hartseer
want syfers bring 'n eensaamheid
wat geen mens kan keer.