<< Back
VYE KONFYT - KONFYT
VYE KONFYT - KONFYT
2.5kg vye 3 knoetse gedroogde gemmerwortel
2.5kg wit suiker 1 liter water
500ml druiwe asyn
Sny die vye in stukkies op. Kneus die gemmer en bind in 'n stukke moeselien of kaasdoek toe. Verhit die suiker, water en asyn tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Kook dit 10 minute lank. Voeg die vye en gemmersakkie by die stroop en prut die mengsel ongeveer 4 uur lank totdat dit dik is. Verwyder die gemmersakkie en gooi dit weg. Skuim die konfyt af indien nodig, en laat dit 'n paar minute afkoel. Roer die konfyt goed deur, bottel dit warm en verseël dit dadelik.
Published: 16th August 2010 by