<< Back
VISVINGERS OP RYS
VISVINGERS OP RYS
12 visvingers 125ml melk
60ml mayonnaise 250ml fyn gerasperde kaas
1ml rooipeper 25ml blatjang
12.5ml ui, gerasper 12.5ml soetrissie, fyn gekap
2.5ml sout 750ml gaar, warm rys
Berei die visvingers voor volgens die aanwysings op die pakkie. Gooi die melk in ‘n kastrol. Voeg die mayonnaise, kaas en rooipeper en verhit. Roer 2 minute lank aanhoudend. Roer die blatjang, ui en soetrissie by die sous. Verhit totdat alles warm is. Plaas die rys op ‘n opdienbord en rangskik die visvingers bo-op die rys. Gooi die sous oor die visvingers. Bedien die gereg warm.
Published: 16th August 2010 by