<< Back
VARKVLEIS-EN-AMANDELROERBRAAI
VARKVLEIS-EN-AMANDELROERBRAAI
500g varkboud, in repies van 5 mm gesny 10ml kookolie
2 preie, skuins gesny 2 groot wortels, in julienne-repies
2 selderystingels, skuins gesny 10ml gerasperde lemoenskil
180ml vars lemoensap 2ml gemmer
40ml sojasous 80ml vleisaftreksel
10ml mielieblom of koekmeelblom 125ml gepelde amandels
Braai vleisrepies bruin in verhitte kookolie. Voeg preie by en soteer tot deursigtig. Voeg wortels en seldery by en roerbraai vir 'n paar minute. Verhit lemoenskil, lemoensap, gemmer, sojasous en vleisaftreksel, en voeg lemoenmengsel by vleis. Verminder hitte en prut vir 'n paar minute. Voeg mielieblompasta en amandels by en prut totdat sous verdik. (Genoeg vir 4 porsies.)
Published: 16th August 2010 by