VARKBOUD MET APPELS - BRAAISTUKKE
VARKBOUD MET APPELS - BRAAISTUKKE
2-2.3kg varkboud, ontbeen 1 knoffelhuisie, in skywe gesny
vars gekapte salie sout
2 rooi appels 30ml botter
30ml suiker 15ml koekmeelblom
300ml droë appelwyn (cider)
Voorverhit die oond tot 220C. Bind vleis in ‘n rol en sny kepies in vel. Stop kepies met knoffel en salie en vryf sout oor die boud. Plaas in die oond en rooster 10 minute lank. Verlaag hitte na 190C en bak 20 minute per 450g plus nog 10 minute. Ontkern die appels en sny in skywe. Smelt botter in braaipan en bruin appels tot bruin. Voeg die suiker by terwyl die appels nog braai. Plaas die appels in oondpan rondom die vleis, vir die laaste 30 minute baktyd. Verwyder vleis en appels uit pan en plaas in lou-oond. Giet vet van pansap af, roer meelblom by en verhit tot kookpunt. Voeg die appelwyn by. Dien appelwynsous op saam met die varkvleis.
Published: 16th August 2010 by