<< Back
TUISGEMAAKTE TOEBROODJIESMEER - TUISGEMAAK
TUISGEMAAKTE TOEBROODJIESMEER - TUISGEMAAK
6 geelwortels 2 groen soetrissies
1 rooi soetrissie 3 uie
1 Engelse komkommer 750ml wit asyn
750ml mayonnaise 12.5ml suiker
sout en peper na smaak
Skraap of skil die geelwortels, verwyder die soetrissies se pitte en skil die uie af. Kap al die groente baie fyn en plaas dit in 'n vlekvrye staalbak. Giet die asyn oor die groente en laat dit oornag staan. Dreineer die groente goed en druk dit droog. Voeg die mayonnaise, suiker en sout en peper na smaak by die groentemengsel en meng dit goed. Skep in droë, gesteriliseerde flesse en verseël dadelik. Bêre die toebroodjiesmeer in die yskas.
Published: 16th August 2010 by