TANT FRIKA SE SKAAPSKENKELS IN DIE OOND GEBAK - BRAAISTUKKE
TANT FRIKA SE SKAAPSKENKELS IN DIE OOND GEBAK - BRAAISTUKKE
6 skaapskenkels (opgesaagde skenkels werk ook, maar dit is baie lekkerder as elkeen sy eie skenkel kry).
MARINADE:
3 groot uie fyn gesny ½ koppie blatjang
½ teelepel fyn gemmer 2 huisies knoffel, fyn gekap
12.5ml heuning ½ koppie bruin asyn
½ koppie tamatiesous 25ml appelkooskonfyt
1 blokkie biefekstrak 5ml mosterdpoeier
'n knypie fyn naeltjies, neutmuskaat en tiemie sout en peper na smaak
25ml sjerrie
Braai die uie en knoffel in 'n klein bietjie olie tot sag en voeg die ander bestanddele by. Prut stadig vir sowat 'n halfuur en roer. Plaas die skenkels in 'n oondbak en giet die marinade bo- oor. Maak die bak toe en los oornag in 'n oond gestel op 100C. Voor opdiening, bedruip weer en plaas vir 20 minute oop in 'n baie warm oond 220C. Draai ná tien minute en bedruip weer.
Published: 16th August 2010 by