<< Back
TAMATIE STAMPMIELIES - BYGEREGTE
TAMATIE STAMPMIELIES - BYGEREGTE
500ml rou stampmielies (oornag geweek) 1 ui, fyn gekap
olie 3 tamaties, ontvel en fyn gekap
sout en varsgemaalde swartpeper 150ml Cheddarkaas (gerasper)
Giet die weekwater van die stampmielies af en bedek met koue water. Verhit tot kookpunt en laat prut dan tot sag. Geur aan die einde van die kooktyd met sout. Dreineer en druk effens fyner met ‘n aartappeldrukker. Voeg ‘n klontjie botter asook ‘n bietjie melk by indien verkies. Soteer die ui in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die tamatie by en prut tot ‘n lekker sous gevorm is. Geur met sout en peper en voeg stampmielies by. Meng liggies deur, voeg die helfte van die kaas by en meng. Strooi die orige kaas bo-oor.
Published: 16th August 2010 by