SPESERYAGTIGE HOENDERLEWERTJIES
SPESERYAGTIGE HOENDERLEWERTJIES
500 g hoenderlewers 45 ml olie
2 knoffelhuisies, gekneus sout en varsgemaalde swartpeper
1 vars rooi brandrissie, in die lengte gehalveer 1 middelslag ui, fyngekap
5 ml paprika 5 ml komyn
Was die hoenderlewers in koue water, verwyder enige verkleurde gedeeltes en bindweefsel, verdeel in kwarte en droog af met 'n papierhanddoek. Verhit die olie in 'n groot swaarboompan tesame met die knoffel en rissie. Voeg die ui by en braai saggies vir ongeveer 10 minute tot sag en ligbruin. Roer die paprika en komyn by. Plaas die hoenderlewers in die pan en soteer teen 'n hoë temperatuur vir ongeveer 8 minute (die lewers moet bruin van buite wees, maar nog pienkerig binne). Geur na smaak met sout en peper. Verwyder die rissie. Sit voor met bruinrys, noedels of kapokaartappels.
Published: 16th August 2010 by