SPAGHETTI MET SPINASIE EN FETAKAAS
SPAGHETTI MET SPINASIE EN FETAKAAS
300-400g spaghetti 500g vars spinasie
15ml olyfolie 1 ui, fyn gekap
4 knoffelhuisies, gekneus 125ml natuurlike jogurt óf room
200g fetakaas, in 1 cm blokkies gesny 30ml gekapte vars kruie
sout en varsgemaalde swartpeper
Kook die pasta in vinnig kokende soutwater vir sowat 8-10 minute of tot al dente. Dreineer. Spoel intussen die spinasie goed af in koue soutwater, plaas dit nat in 'n groot pot, sit die deksel op en stoom dit oor matige hitte tot net sag sonder om enige vloeistof by te voeg. Haal dit uit, sny die harde stingeldele uit en snipper die res van die blare fyn. Verhit die olie in 'n swaarboompan en soteer die ui en knoffel, tot sag en deurskynend. Voeg die spinasie en jogurt of room by en verhit tot deurwarm. Meng die gaar, warm pasta en spinasiemengsel liggies deur. Geur na smaak. Skep in opdienskottel, sprinkel fetakaas en kruie oor. Sit dadelik met 'n tamatieslaai voor.
Published: 16th August 2010 by