<< Back
SPAGHETTI CARBONARA
SPAGHETTI CARBONARA
10ml olyfolie 1 knoffelhuisie, geskil
250g streepspek, in repies gesny 375g spaghetti
2 eiers 2 eiergele
60ml gerasperde parmesaankaas sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit olyfolie en knoffel in ‘n pan. Voeg spek by en soteer tot goudbruin en bros, ongeveer 5-10 minute. Verwyder die knoffel. Gebruik ‘n groot mengbak en klits die eiers, eiergele en parmesaankaas liggies saam. Geur met sout en peper. Kook intussen die spaghetti volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en gooi ± 100ml van die kookwater by die eiermengsel. Voeg die spek met olie en al by die eiermengsel en meng. Roer laastens die spaghetti in en bedien onmiddelik, met ekstra parmesaankaas indien verkies.
Published: 16th August 2010 by