SPAANSE VARKWORSIE GEREG
SPAANSE VARKWORSIE GEREG
500g varkworsievleis 12,5ml olie
1 ui, fyn gekap 1 groen soetrissie, fyn gekap
37.5ml koekmeelblom 1 hoenderekstrakblokkie, verkrummel
410g tamaties, grof gekap (1blik) 5ml suiker
2ml gedroogde orego 1ml vars gemaalde swartpeper
2ml gedroogde basiliekruid
Verdeel die varkworsievleis in 6 ewe groot porsies en vorm plat, ronde vleiskoekies daarvan. Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol en braai die vleiskoekies aan weerskante tot bruin. Skep dit uit en hou dit warm. Soteer die uie en soetrissie 5-8 minute lank in dieselfde olie totdat dit sag en deurskynend is. Roer dit gereeld om. Roer die koekmeelblom en verkrummelde ekstrakblokkie by en meng dit goed. Roer die tamaties, suiker, orego, vars gemaalde swartpeper en basiliekruid by, verhit dit kookpunt en laat dit ongeveer 5 minute lank prut. Plaas die varkworsievleis bo-op die tamatiemengsel, plaas die deksel op en laat dit 10-15 minute lank prut. Roer dit af en toe versigtig om.Skep die mengsel uit in ‘n warm opskepskottel. Die gereg smaak heerlik wanneer dit opgedien word saam met geroomde aartappels en spruitkool.
Published: 16th August 2010 by