SPAANSE PAELLA
SPAANSE PAELLA
425g sardyne in tamatie, gedreineer, behou sous gekapte pietersielie.
220g mossels in pekel, gedreineer, behou sous 500ml rys
2 blokkies hoenderaftreksel sout en varsgemaalde swartpeper
5 ml borrie 1-2 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 groot ui, fyn gekap 125ml bevrore ertjies
1 groen soetrissie, fyngekap 2 tamaties, geskil en in blokkies gesny
Genoeg water om vloeistof van albei blikkies tot 1 liter aan te vul
Sny die sardyne in kwarte. Soteer die ui en knoffel in 'n bietjie olie tot sag. Voeg die vloeistof van die blikkies plus genoeg water om 1 liter te maak by. Voeg die tamaties, rys en aftrekselblokkies by. Prut 15minute. Roer die borrie, soetrissie en ertjies en prut 5 minute of totdat vloeistof geabsorbeer is. Toets vir smaak. Rangskik die sardyne filette en mossels bo-op die rysmengsel, bedek en verhit. Garneer met pietersielie en sit voor met 'n groen slaai.
Published: 16th August 2010 by