SOETSUUR VARK ROERBRAAI
SOETSUUR VARK ROERBRAAI
500g varkfilet, in dun repies gesny 1 knoffelhuisie gekneus
50ml tamatiesous 25ml sjerrie
12.5ml heuning 12.5ml witwynasyn
25ml sojasous 25ml sonneblomolie
1 wortel, geskil en in repe gesny 225g preie, ontpit en in repe gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny 10g babamielies, gehalveer
200g sampioene, afgevee en in kwarte gesny 410g blik pynappelstukke
12,5ml mielieblom, opgelos in 12,5 ml water
Marineer varkfilet vir 30 minute in die mengsel van knoffel, tamatiesous, sjerrie, heuning, asyn en sojasous. Verhit olie, haal vleis uit marinade en roerbraai vir 5 minute. Voeg wortels, preie, soetrissie, sampioene en babamielies by en roerbraai vir 5 minute. Meng res van die marinade, pynappelstukke met sap en mielieblom saam. Giet in pan en kook vir 5 minute tot sous effens verdik. Sit dadelik voor op rys.
Published: 16th August 2010 by