<< Back
SOET SUUR HOENDERLEWERTJIES
SOET SUUR HOENDERLEWERTJIES
12.5ml olie 2 groot uie, in ringe gesny
1 groen soetrissie, in blokkies gesny 1 rooi soetrissie, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, gekap 3x250g elk hoenderlewertjies, in
25ml asyn groterige blokkies gesny
50ml blatjang 5ml worcestersous
sout en peper
Verhit die olie in ‘n groterige pan en soteer die ui, groen en rooi soetrissies en knoffel daarin tot sag. Voeg die hoenderlewertjies by en braai tot bruin van buite, maar nog pienkerig van binne. Meng die asyn, blatjang en worcestersous en giet oor die hoenderlewertjies. Geur na smaak met sout en peper en verhit tot goed warm. Dien op saam met pasta. Lewer 4-6 porsies.
Published: 16th August 2010 by