SKORSIEMOES - GROENTE
SKORSIEMOES - GROENTE
Oorryp, draderige skorsies is heerlik as mens dit op dié manier voorberei.
5 skorsies 15ml botter of margarien
125ml suiker 5 eetlepels koekmeelblom
10ml bakpoeier 2ml sout
250ml melk 3 eiers
15ml kaneelsuiker
Verhit die oond tot 180C. Smeer 'n oondvaste bak. Halveer die skorsies en skep die pitte uit. Kook die halwes tot sag. Dreineer dit. Skep die vleis uit, maak dit fyn en roer die margarien of botter by. Sif die suiker, koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Klits die melk en eiers saam en maak die meelmengsel daarmee aan. Voeg die skorsiemoes by en meng dit goed. Skep die mengsel in die bak en strooi die helfte van die kaneelsuiker oor. Bak die moes 'n uur lank onbedek. Strooi die res van die kaneelsuiker oor en sit die gereg voor.
Published: 16th August 2010 by