SKELVIS OMELET
SKELVIS OMELET
55ml botter of margarien 125ml gaar skelvis, gevlok
150ml vars room 3 eiers, geskei
30ml fyn gerasperde Parmesaankaas sout en peper na smaak
Smelt die helfte van die botter of margarien in ‘n swaarboompan en verwyder dit van die hitte. Voeg die vis, 50ml van die room, die eiergele en die helfte van die kaas by en geur dit na smaak met sout en peper. Meng dit liggies. Klits die eierwitte styf en vou dit by die mengsel in. Verhit die oorblywende botter of margarien in ‘n omelet of swaarboomkastrol, giet die vismengsel daarin en braai dit tot bruin aan die onderkant. Meng die oorblywende kaas en room en gooi dit oor die omelet. Plaas dit onder ‘n voorverhitte oondrooster totdat die kaasmengsel gesmelt is en borrels maak. Bedien dadelik. Heerlik saam met geroosterde tamatiehelftes en bros broodrolle.
Published: 16th August 2010 by