SEEKOS ROERBRAAI
SEEKOS ROERBRAAI
250g rou rys 1 ui, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyn gedruk 1 groen soetrissie, in repe gesny
knoffelbotter om in te braai 250g knopiesampioene, gehalveer
knippie piri-piri 15ml gemengde kruie
sout en peper na smaak 500g bevrore seekosmengsel
Kook die rys in soutwater tot sag. Dreineer goed. Soteer die ui, knoffel en soetrissie in die knoffelbotter tot sag. Voeg die sampioene by en roerbraai tot ligbruin. Voeg al die geurmiddels by en meng goed. Giet kookwater oor die seekosmengsel en laat 2 minute lank staan (of volg die aanwysings op die pak). Dreineer en voeg by die uiemengsel. Roerbraai sowat 1 minuut lank, maar moenie te lank braai nie, want dan word die seekos taai. Meng die rys by, roerbraai tot alles deurwarm is en dien dadelik op. Genoeg vir 6 mense.
Published: 16th August 2010 by