SARDYNE MET GEELRYS
SARDYNE MET GEELRYS
500ml rou rys 10ml borrie
sout 1ui, in ringe gesny
5ml fyngedrukte knoffel 10ml fyngerasperde vars gemmer
1 groen soetrissie, in blokkies gesny olie
1 tamatie, ontvel en in blokkies gesny 250ml bevrore ertjies
1 groot aartappel, geskil & in blokkies gesny 425g sardyne in brandrissiesous
Kook die rys saam met die borrie en sout in genoeg water tot sag. Dreineer en hou eenkant warm. Soteer die ui, knoffel, gemmer en soetrissie in 'n bietjie olie tot sag. Voeg die tamatie en die aartappelblokkies by en prut tot die aartappel sag en gaar is. Voeg die ertjies en die sardyne asook die rissiesous by en prut tot goed warm. Skep die rys in 'n opdienbord en skep die vismengsel oor. Dien op met 'n sambal van gekapte tamatie, komkommer, gesnyde groen brandrissie en 'n bietjie suurlemoensap.
Published: 16th August 2010 by