<< Back
Roomkaas versiersel
Roomkaas versiersel
Die meeste resepte gebruik botter en geroomde maaskaas in ronde bakkie, so ongeveer 125 g maaskaas en ¼ k botter met 2 k versiersuiker en ’n bietjie suurlemoensap by. Dis soms baie loperig, daarom het ek hierdie een probeer, roomkaas in hierdie vorm het nie botter nodig nie:
250 g Philadelphia of Lancewood roomkaas (baksteenvorm in bakkie of papier toegedraai)
2-3 k versiersuiker, gesif (kyk maar hoe loperig dit is, afhangende van tipe kaas)
sap van 1 suurlemoen
skil van 1 suurlemoen
Room kaas met klitser, voeg sap by. Klop versiersuiker geleidelik by. Dit kom tussen die lae en bo-oor. Jy kan van die suurlemoenskil saam met neute bo-oor strooi.
Published: 16th August 2010 by