<< Back
ROOI SLAPHAKSKEENTJIES - PIEKELS
ROOI SLAPHAKSKEENTJIES - PIEKELS
1.5kg dwerguitjies 150g gebleikte sultanas
125g wit suiker 250ml wit asyn
250ml water 125ml tamatiepasta
50ml sonneblomolie 2 ml sout
knippie rissiepeper
Skil die uitjies. Voeg die res van die bestanddele by en kook dit, aan die begin met die deksel op, maar later daarsonder, oor matige hitte totdat die uitjies sag en die sous dik is. Bottel die uitjies warm en verseël dit dadelik.
Published: 16th August 2010 by