ROMERIGE AARTAPPELGEBAK
ROMERIGE AARTAPPELGEBAK
1 ui, in ringe gesny 2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 stele seldery, in ringe gesny olie
4 groot aartappels, geskil en in skywe gesny 4-6 skywe ham, in blokkies gesny
25ml koekmeelblom 75ml melk
125ml room
Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n oondbak met kleefwerende middel. Soteer die ui, knoffel en seldery in ‘n bietjie olie tot sag. Rangskik die helfte van die aartappelskywe in die voorbereide bak en geur na smaak met sout en peper. Skep die uiemengsel oor en sprinkel die hamblokkies bo-oor. Pak die res van die aartappelskywe op en geur na smaak met sout en peper. Maak die koekmeelblom aan met ‘n bietjie melk tot ‘n gladde pasta. Meng dan met die orige melk asook met die room. Giet oor die aartappels en bak 45-60 minute lank of tot die aartappels sag en gaar is.
Published: 16th August 2010 by