ROERBRAAIGROENTE MET APPELSAP EN KNOFFELBOTTER
ROERBRAAIGROENTE MET APPELSAP EN KNOFFELBOTTER
45ml sonneblomolie 5ml donker sesamolie
1 groot ui, in dun ringe gesny 2 knoffelhuisies, fyn gedruk
200g wortels, in julliene repies gesny klontjies knoffelbotter
350g geskilde murgpampoentjies in julliene repies 200g wit sampioene, in skyfies gesny
500ml lensiespruite 125g mangetout, skoongevee
250ml onversoete appelsap 15ml mielieblom
30ml sojasous geroosterde sesamsaad
Verhit die olies in ‘n groot braaipan. Voeg die uie, knoffel, wortels en murgpampoentjies by en roer aanhoudend oor medium hitte vir ongeveer 5 minute. Voeg die sampioene, spruite en mangetout by en roer nog vir 5 minute of tot alles glansend en gaar, maar nog bros is. Meng die appelsap, mielieblom en sojasous en voeg by. Roer tot die sous begin dik word en kook. Skep die groente uit in ‘n groot, warm opdienskottel en strooi sesamsaad oor.
Published: 16th August 2010 by