<< Back
Reën In Die Voorwinter
G A Watermeyer
Reën In Die Voorwinter
Vier mure teen die Suidewind-
my swartoogvrou, my blondhaarkind.
Kareehoutstompe in die vuur,
ketel en kaggel brons geskruur.
My bont koei lê op koringstrooi,
my swart haan roep die dagbreek rooi.
Soet deur die lang nag sing die reën;
moflammers sal ek vroeg-Mei speen.
Die wendam stoot sy uitloop oor-
blink breek my ploeg die middelvoor...