PRONTO SEEKOSPAELLA
PRONTO SEEKOSPAELLA
1 groot uie in blokkies gesny 10ml borrie
150g Russiese worsies, in dun skryfies gesny 1kg gevriesde Spanish Stir Fry
2–4 hoenderborsfilette, in dik skywe gesny 300g calmari ringe
300ml voorbereide vis- of hoenderaftreksel 10–15ml fyngekapte knoffel
400g gerookte skelvis, in blokkies gesny 300g garnale, afgedop (opsioneel)
gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen 250ml kersietamaties, in kwarte gesny
125ml grofgekapte basiliekruid of pietersielie
Verhit ‘n groot kastrol en spruit met olyfoliesproei. Voeg ui, borrie en worsies by. Soteer liggies, voeg hoender by en braai vir 30 sekondes. Voeg die roerbraai en aftreksel by, en meng goed en bedek. Laat 10 minute prut of tot roerbraai gaar is. Voeg vis en seekos laaste vier minute by. Vurk res van bestanddele liggies deur en bedien met ‘n kruieryke groen slaai en knoffelbrood.
Published: 16th August 2010 by