<< Back
PLAAS OMELET
PLAAS OMELET
50g rou macaroni (100 ml) 4 swoerdlose spekvleisringe
1 ui, gekap 2 tamaties, geskil en gekap
50ml gaar ertjies 4 eiers
2ml sout peper na smaak
1ml mosterdpoeier
Kook die macaroni volgens die aanwysings op die pakkie en dreineer dit. Braai die spekvleis tot bros en skep dit uit. Soteer die ui in die uitgebraaide spekvet tot sag en deurskynend. Voeg die macaroni, tamaties en ertjies by en meng dit goed. Klits die eiers, sout, peper en mosterdpoeier saam en gooi dit oor die mengsel. Verhit dit tot dit gestol het, terwyl die gaar eier voortdurend met 'n eierspaan van die kante weggetrek word, sodat die rou eiermengsel onder kan invloei. Rangskik die spekvleis boop. Plaas 'n deksel op en stoom dit nog 'n paar minute lank.
Published: 16th August 2010 by