<< Back
PIESANG BROOD - BRODE
PIESANG BROOD - BRODE
125g botter 250g strooisuiker
2 ekstra-groot eiers 30ml joghurt of suurmelk
5ml vanieljegeursel 6 ryp, fyngemaakte piesangs
60ml gekapte neute (opsioneel) 250g koekmeel
5ml koeksoda 1,5ml sout
Room die botter en strooisuiker saam tot lig en donsig. Klits die eiers liggies met 'n vurk en voeg dit saam met die joghurt en vanieljegeursel geleidelik by die bottermengsel. Vou die piesangs en neute in. Sif die koekmeel, koeksoda en sout twee maal saam. Vou dit in die piesangmengsel tot goed gemeng. Smeer en voer 'n broodpannetjie met botterpapier uit. Giet die beslag daarin. Bak dit 50-60 minute in 'n voorverhitte oond by 180 C tot goudbruin en stewig. Laat heeltemal afkoel.
Published: 16th August 2010 by