<< Back
PANGEBRAAIDE BOELIEBIEF
PANGEBRAAIDE BOELIEBIEF
300g (1 blik) soutvleis 450g gaar aartappels, in blokkies
250ml fyn gekapte uie 125ml vleisaftreksel
2.5ml Tabascosous 12.5ml blatjang
25ml margarien 12.5ml gekapte, pietersielie
Meng die vleis, aartappel, uie, aftreksel, Tabascosous en blatjang. Verhit die margarien in ‘n groot braaipan. Skep die mengsel in die pan en sprei egalig in die pan. Verlaag die hitte en braai stadig bruin aan die onderkant. Moenie roer nie. Vou soos ‘n omelet en strooi die pietersielie oor.
Bedien dadelik. Lewer 4 porsies.
Published: 16th August 2010 by