OUMA CORRIE SE SKAAPBOUD - BRAAISTUKKE
OUMA CORRIE SE SKAAPBOUD - BRAAISTUKKE
500ml water 1 vleisekstrakblokkie
5ml uievlokkies of 1 ui gekap 10ml sout
7,5ml mosterdpoeier 10ml suiker
5ml swartpeper 7,5ml fyn gemmer
2 knoffelhuisies 2kg skaapboud
25ml meelblom 25ml olie
50ml tamatiesous 25ml worcestersous
25ml blatjang 37,5ml botter of margarien, gesmelt
10ml suiker 5ml asyn
1ml Tabascosous 10ml mielieblom
Berei die aftreksel die dag vantevore deur die water, vleisaftrekselblokkie en ui 10 min lank saam te kook en dit dan deur ‘n sif te gooi. Ook ‘n dag vantevore: Meng die sout, mosterdpoeier, suiker, swartpeper en gemmer en vryf dit oor die oppervlakte van die vleis. Laat staan oornag. Stel die oond op 200C. Skil en sny die knoffel in repies. Druk die knoffel op verskeie plekke naby die beeî in die vleis in. Strooi die meelblom oor die vleis. Verhit die olie in die oondpan en plaas die vleis op ‘n vleisrak in die oondpan. Bak die vleis ‘n uur lank in die vooraf verhitte oond. Bedruip elke tien minute met die olie in die pan. Die hitte kan na 30 minute verlaag word. Berei die sous deur die aftreksel wat die vorige dag berei is, met die tamatiesous,. Worcestersous, blatjang, gesmelte botter, suiker, asyn en Tabascosous te meng. Verdik die sous met die mielieblom wat met ‘n bietjie water aangemaak is en gooi dit oor die vleis.
Published: 16th August 2010 by