<< Back

Oujongnooi

Daniel Hugo


Oujongnooi

(vir 'n wyse maagd)

bedtyd versluier sy haar in kant
en trek die ring van haar regterhand
(die bedlamp laat sy heelnag brand)

na 'n hoofstuk uit Hooglied of Openbaring
drink sy die Pil soos 'n gebed om verlossing

net vir geval die langverwagte Bruidegom
diep in die nag op sy spierwit perd gaan kom

Published: 22nd February 2011 by

Contents


,