<< Back
Optelwoorde
Koos van der Merwe
Optelwoorde
tussen dwaaldistels en doringspore
in die soekloop op die verwegpad
soos genadelig lê daar optelwoorde
wat 'n wegloopsiel weer huistoe kan vat
optelwoorde
vir 'n valkind
optelwoorde
wat verloormense vind
in die skaduweelaagtes
diep gaan haal
en huistoe bring
na die optelkraal