<< Back
Opstaan
Koos van der Merwe
Opstaan
mag jy mooi wees as die lelik verby is
en sag kyk na elke harde tyd
mag jy bly wees as die huil verby is
en vrede hê na die stryd
verkeerde goed kom môre weer reg
en die wyn is soet na die bitter en sleg
mag jy opstaan as jy seer geval het
en jou vrae verdwyn as die antwoord kom
mag jy huistoe kom as jy klaar verdwaal het
en die winter los vir die son
en mag jy droom, mag jy ook vergeet
en op plekke woon wat van horisonne weet
jy kan opstaan as jy seer geval het
en jou vrae verdwyn as die antwoord kom
jy kan huistoe kom as jy klaar verdwaal het
en die winter los vir die son