<< Back
Ophelia
Merwe Scholtz
Ophelia
Veel eerder, laat haar liefies verdrink
tussen die watermadeliefies
Van later snuffelende huisbesoek van snoek
is sagter ledemate salig onbewus
Selfs in dié soetste mond ontbreek
die tong, is soek die Evasklier-
die spier wat kaak en bekken sluit en
open weier openlik
Weeg ék, weeg jý: nog sagter weeg die krans genaamd
vergetelheid: gun hierdie balsem aan ons dogtertjie
Ophelia: sy wis van wind nog weer
laat waterblommetjie aan haar gebeur.