NAMAKWALEWER
NAMAKWALEWER
4 middelslag uie (fyn gekap) 25ml kookolie
500g beeslewer 150ml ongesif afgemeet koekmeelblom
5ml sout 1ml peper
4 middelslag aartappels 250g ontbytspek (sonder swoerd)
250ml vleisaftreksel
Braai die uie tot goudbruin in die kookolie. Verwyder vliesies en pypies van die lewer en sny die lewer in dun, plat skyfies. Meng die koekmeelblom, sout en peper en rol die lewerskyfies daarin tot goed bedek. Skil en sny die aartappels in dun plat skyfies. Skep die helfte van die uie op die boom van ‘n bakskottel van 20x20x5 cm. Plaas die helfte van die lewer bo-op die uie en dan die helfte van die aartappelskyfies op die lewer en die helfte van die spekrepe op die aartappelskyfies. Herhaal die lae. Gooi die aftreksel oor en bak 2½-3 uur by 150C. Lewer 6 porsies.
Published: 16th August 2010 by