<< Back
Marais-erfstuk
Loftus Marais
Marais-erfstuk
die ou geelhouttafel
was ons kaartwerk in reliëf
die dagbegin in koffiekringe
biltongsny se hale ingekerf
en saam geërf
hier was die vleismeul ingeskroef
in hierdie groef
en onsigbaar onder alles
die droë snot en kougom
van die kinders