MALVALEKKERS - LEKKERNYE
MALVALEKKERS - LEKKERNYE
30ml gelatien
125ml koue water
500ml strooisuiker
125ml kookwater
rooi voedselkleursel
10ml vanielje geursel
versiersuiker om lekkers in te rol
Spuit ‘n 2.5liter bak met kleefwerende kossproei. Laat week die gelatien in die koue water tot sponsagtig. Verhit stadig totdat dit heeltemal opgelos is. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die voedselgeursel, vanieljegeursel en versiersuiker, en klits 7-10 minute lank met ‘n elektriese klitser totdat die mengsel begin verdik. Kleur met ongeveer 12 druppels rooi voedsel
kleursel en voeg ook die vanielje geursel by. Meng goed en giet uit in die voorbereide bak sodat die mengsel sowat 1.5cm diep daarin lê. Plaas in yskas tot gestol en sny dan in blokkies. Rol in versiersuiker. Lewer 65 blokkies.
Published: 16th August 2010 by