<< Back
MAALVLEIS-EN-HOENDERLEWERLEKKERTE
MAALVLEIS-EN-HOENDERLEWERLEKKERTE
6 preie, in ringe gesny bietjie botter of margarien
500g hoenderlewers, in stukkies gesny 250g maalvleis
250ml room 2 tamaties, in blokkies gesny
5ml droë pietersielie 5ml knoffelsout
sout en peper na smaak 3 druppels Tobasco, indien verkies
Braai die preie in 'n swaarboomkastrol tot sag en deurskynend. Voeg die hoenderlewer en maalvleis by en roerbraai liggies tot amper gaar. Voeg die res van die bestanddele by, sit deksel op en prut 'n halfuur.
Published: 16th August 2010 by