MA SE LEKKER HOENDER - ANDER VLEIS DISSE
MA SE LEKKER HOENDER - ANDER VLEIS DISSE
2 hoenders
MARINADE:
175ml sonneblomolie 125ml blatjang
125ml HP sous 125ml tamatiesous
125ml tamatiesous 125ml Worcestersous
50ml Aromat 25ml knoffelsout
20ml braaivleisspeserye 20ml borrie
5ml piri-piripoeier 5ml gemengde kruie
1 knoffelhuisie (geskil en gekneus)
Maak die hoenders skoon, sny in porsies en was dit af in koue water. Droog die porsies af met kombuispapier. Meng die bestanddele vir die marinade. Gebruik 'n bak met 'n deksel wat goed kan verseël. Pak die hoenderstukke daarin en bedek elke laag met marinade. Sit die deksel op, plaas in yskas en laat die porsies ongeveer 12 uur marineer. Draai dit twee keer in die tyd om. Plaas die porsies met die marinade in 'n enkele laag in 'n groot oondpan. Bak dit ongeveer 3 uur lank by 100C, maar hou dit teen die end dop en stel die hitte laer as die marinade te bruin word.
Published: 16th August 2010 by