<< Back
LIGTE POF OMELET
LIGTE POF OMELET
2 eiers, geskei 30ml melk of room
knippie fyn neutmuskaat vars gemaalde peper
knippie sout 15ml botter
Voorverhit die oond tot 180C. Klits eiergele 30 sekondes lank met ‘n draadklitser tot goed gemeng. Klits die room of melk, neutmuskaat en peper by. Klits die eierwitte en ‘n knippie sout tot styf, maar nie droog nie. Skep die styfgeklitste eierwitte by die eiergeelmengsel in en vou dit liggies daarby in. Smelt die botter in ‘n swaarboompan en giet die eiermengsel daarin. Braai die omelet totdat die onderkant goudbruin is en amper gaar is- ongeveer 4-6 minute lank. Plaas die pan op die middelste oondrak en bak 4-6 minute lank in die voorverhitte oond totdat dit gestol en ligbruin is.
Published: 16th August 2010 by