lewe Lizmari van der Merwe
Getuienis oor lsquo n wonderwerk onlangs in my lewe Lizmari van der Merwe Sel nr 0769577966 nbsp EK wil graag getuig van lsquo n groot wo
lewe Lizmari van der Merwe
Getuienis oor ‘n wonderwerk onlangs in my lewe Lizmari van der Merwe
Sel nr.0769577966
EK wil graag getuig van ‘n groot wonderwerk wat God in my lewe laat gebeur het. Ek was op die 23ste Maart 2009 in 'n groot motorongeluk betrokke. Dit het vir my en almal rondom my baie geruk. Dit is 'n wonderwerk en genade van God dat ek die ongeluk oorleef het om hierdie getuienis te kan skryf. Alle eer hierin kom alleen toe aan God.
Op Sondagaand (22 Maart) is die passiespele in ons
Die Sondagnag kon ek nie goed slaap nie. Ek het lank gelê en wonder hoe die Maandag gaan verloop omdat daar soveel goed was wat ek moes doen die dag. Terwyl ek aan al dié goed dink, kom die gedagte by my op.wat as ek sou sterf. Dadelik het ek opgestaan en virmyself gesê: “ek sal nie sterf nie, want ek eer my pa en ma!”..Dit was vir my op daardie oomblik vreemd min wetende dat dit ‘n invloed sou hê op die ongeluk. Vandag besef ek dat woorde baie kragtig is – veral God se woord! Ons moet daagliks die woord as swaard optel en daarmee veg. Die volgende oggend baie vroeg het my broer (Herman) het my gaan aflaai vir my saamry geleentheid na Potchefstroom toe saam met Rika en haar 3 jarige dogterjie Abi. (Rika Thomson het by die Potch Universitiet gewerk en het haar eers die oggend ontmoet.)
Ek en Rika het die hele pad so lekker gesels oor verskye dinge, onder andere ook oor haar toekoms. Maar die tragiese ongeluk wat haar en haar kind se lewe geneem het, het ongeveer 30 minute later gebeur ongeveer 20 kilometer vanaf Potch..
Die ongeluk was regtig nie 'n lekker belewenis nie. Maar dit was dit asof Jesus my vasgehou het tydens die botsing met die groot vragmotor, sodat ek niks kan sien, hoor of voel nie. Ek was vir ‘n oomblik van niks bewus nie. Toe ek bewus word dat iets gebeur het, was ek reeds besig om my sitplekgordel los te maak want die motor het
Nog ‘n wonder van die ongeluk is dat behalwe dat ekself betyds uitgekom het, die rugsak waarin my Bybel was het ook heel uitgekom. Ek weet nie waar die rugsak in die kar gesit was nie en ook nie hoe dit uit die kar gekom het nie, maar die volgende woorde het later by my opgekom: “Die Hemel en die aarde sal vergaan maar My woorde nooit!” Matt. 24:35.
Ek wil net vir elkeen wat hierdie getuienis lees, aanmoedig en sê: “God LEEF!!. So gehoorsaam Sy woord en Getuig van Hom en verkondig SY Liefde. Straal dit uit doen dit en dit sal goed gaan met jou...Psalm 119....die lewe is kort!”
Ek wil net sê dat ek in twee geskeur is deur die verskriklike hartseer in my oor die afsterwe van Rika en Abi en my dankbaarheid dat ek leef. God is in beheer en Hy weet beter. Ek bring hulde aan Rika en Abi, en vra dat julle asb vir haar man, ma en sussies sal bid!
15 Mei 2009
NOTA: Lizmari het links voor gesit en kon genadiglik ook self uitklim na die ongeluk toe sy sien die motor begin brand. Die verbrande liggame van die bestuurder en kindjie is “ toe gemaak”. Genadiglik was albei opslag dood met impak en het nie dood gebrand nie. Die trok het basies bo oor die kar gery en daarna links in die veld omgeslaan en ook uitgebrand. Die trok bestuurder het nie ernstige beserings opgedoen nie.
Dit was ‘n Toyota Carolla en International Eagle voorhaker met ‘n ‘interlinking’ wa plus ‘n sleepwa.