<< Back
KWEPER BLATJANG - BLATJANG
KWEPER BLATJANG - BLATJANG
500g kwepers in baie fyn stukkies gekap 2 groot uie, gekap
250g pitlose rosyne 2 knoffelhuisies, fyngedruk
15ml fyn koljander 15ml growwe sout
500ml bruin asyn 1 skerp rooi rissie, fyn gekap
15ml fyn gemmer 375ml bruin suiker
Meng al die bestanddele in 'n groot kastrol. Kook stadig tot mooi dik en donker van kleur -sowat 2 uur lank. Bottel in gesteriliseerde flesse. Bêre op 'n koel donker plek om ryp te word vir minstens 'n maand. Lekker eet!
Published: 16th August 2010 by