KOMKOMMER PIEKELS- PIEKELS
KOMKOMMER PIEKELS- PIEKELS
12 gewone komkommers(Nie Engelse komkommers) 1.25liter warm water
500ml druiwe-asyn 20ml sout
60ml suiker 5 rooi brandrissies ( opsioneel)
16 peperkorrels 8 lourierblare
10ml speserye vir suurtjies 5 knoffelhuisies
Moenie die komkommers skil nie. Krap dit in die lengte met 'n vurk. Sny in kwarte en dan weer in 1cm stukkies. Meng die res van die bestanddele in 'n diep kastrol en verhit. Voeg die komkommer stukke by wanneer die mengsel kook en bring weer tot kookpunt. Verwyder die komkommer stukke met 'n gaatjieslepel en skep uit in gesteriliseerde flesse. Plaas 'n brandrissie in elke bottel. Dreineer die vloeistof in die kastrol deur 'n sif. Skep 'n teelepel van die gedreineerde speserye in elke fles. Maak die flesse goed vol met die gedreineerde vloeistof. Verseël dadelik.
Lewer 5 liter.
Published: 16th August 2010 by