KOEKSTRUIF - POEDINGS
KOEKSTRUIF - POEDINGS
410g ingelegte appelkose of enige ander vrugte 1 sponskoek
250ml room 1 eierwit
37.5ml appelkooskonfyt 500ml melk
25ml sjerrie 25ml vlapoeier
25ml suiker kersies en neute vir versiering
Smeer die konfyt oor die sponskoek en sny dit in vierkantige blokkies. Pak dit in ‘n glasbak. Meng die sjerrie en stroop van die ingelegde vrugte en gooi dit oor die koek. Sny die appelkose en skep dit oor die koek. Meng die suiker en vlapoeier en voeg ‘n bietjie van die melk by. Verhit die res van die melk en voeg die vlapoeier by. Kook tot gaar en laat afkoel. Gooi die vla oor die appelkose. Klits die eierwit styf en voeg die room by wat geklop is. Skep dit bo-op nagereg. Versier met verglansde kersies en neute en plaas in yskas om koud te word.
Published: 16th August 2010 by