KITS KAASGEREG
KITS KAASGEREG
10ml olie 1 middelslag ui, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap 6 snye volkoringbrood
2 eiers 500ml afgeroomde melk
3 ml sout 5ml paprika
knippie rooipeper 250ml gerasperde kaas
25ml vars, fyngekapte pietersielie
Verhit die olie en soteer die ui en soetrissie totdat die ui sag en deurskynend is. Klits 1 eier en 250ml van die melk saam. Halveer die snye brood en week die brood in die eiermengsel. Plaas ‘n laag van die geweekte brood op die boom van ‘n gesmeerde oondskottel en geur dit met van die sout, paprika en rooipeper. Skep van die uiemengsel bo-op en strooi van die kaas bo-oor. Herhaal die lae totdat al die brood opgebruik is. Klits die ander eier saam met die res van die melk en giet dit dan oor die brood. Strooi die orige kaas en die pietersielie oor en bak 20-25 minute lank by 190C totdat die gereg gestol het. Lewer 4-6 porsies.
Published: 16th August 2010 by