<< Back
KERRIE LAMSNIERTJIES
KERRIE LAMSNIERTJIES
30ml margarien 1 groot ui, fyn gekap
15ml koekmeelblom 10ml kerriepoeier
sout en peper na smaak 225ml vleisaftreksel
fyn gekapte pietersielie vir garnering 12.5ml asyn
25ml wit wyn (opsioneel)
750g lamsniertjies, skoongemaak, in dun skyfies gesny.
Verhit die margarien in 'n swaarboompan en soteer die ui daarin tot sag. Meng die koekmeelblom, kerriepoeier, sout en peper en strooi dit oor die niertjies.Voeg die niertjies by die ui en soteer dit 5-6 minute lank. Roer die asyn, wyn en aftreksel by en laat dit prut totdat die niertjies gaar en die sous dik is. Garneer met pietersielie en bedien warm.
Lewer 4 porsies
Published: 16th August 2010 by